INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,5%, of $2,04/t (R29,14/t), tot $141,62/t (R2 023/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 8,9%, of $13,90/t (R198,55/t), laer. Verwagte pryse: Jun. – $150,62/t (R2 151/t), Jul. – $153,54/t (R2 193/t), Sept. – $156,53/t (R2 236/t), Des. – $160,47/t (R2 292/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 9,3%, of R228/t, tot R2 683/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 8%, of R194/t, tot R2 614/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 26,2%, of R557/t, duurder, terwyl geelmielies 17,7%, of R394/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jun. – R2 590/t, Jul. – R2 727/t, Sept. – R2 780/t, Des. – R2 865/t. Verwagte geelmieliepryse: Jun. – R2 545/t, Jul. – R2 667/t, Sept. – R2 724/t, Des.…
