INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,5%, of $0,69/t (R9,92/t), tot $139,58/t (R2 006/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 10,3%, of $16,04/t(R230,55/t), laer. Verwagte pryse: Junie – $134,88/t (R1 939/t), Julie – $137,87/t (R1 982/t), September – $141,49/t (R2 034/t), Desember – $145,90/t (R2 097/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 5,8%, of R150/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 5,3%, of R135/t, teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 20%, of R410/t, duurder, terwyl geelmielies 12,8%, of R275/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jun. – R2 569/t, Jul. – R2 514/t, Sept. – R2 580/t, Des. – R2 663/t. Verwagte geelmieliepryse: Jun. – R2 424/t, Jul. – R2 466/t, Sept. – R2 527/t, Des. – R2 594/t.…
