INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,7%, of $0,96/t (R13,90/t), tot $147,80/t (R2 141/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,2%, of $0,25/t (R3,62/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $140,39/t (R2 033/t), Julie – $144,25/t (R2 089/t), September – $147,63/t (R2 138/t), Desember – $151,41/t (R2 192/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,1%, of R90/t, tot R2 835/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,8%, of R22/t, tot R2 700/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 50%, of R945/t, duurder, terwyl geelmielies 37,7%, of R739/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R2 879/t, Jul. – R2 937/t, Sept. – R2 988/t, Des. – R3 069/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 724/t, Jul. – R2 750/t, Sept. – R2 800/t, Des.…