2,9%
Die inflasiekoers van kos en niealkoholiese drankies het in Februarie gedaal van 3% tot 2,9% op ’n jaargrondslag. Prysstygings op ’n maandgrondslag is aangeteken by vrugte (4,5%), brood en grane (1,8%), koue drankies (0,9%), vis (0,6%) en soetgoed (0,6%). Prysdalings is aangeteken by vleis (-1,5%), warm drankies (-0,9%), groente (-0,5%) en olies en vette (-0,1%). Die verbruikersprysindeks was 4,1% in Februarie, teenoor 4% in Januarie. – Statistieke SA
4,4 miljard
Die brouer SAB het saam met die Stad Kaapstad en die Stad Tshwane die afgelope jaar ’n verlies van 4,4 miljard liter water voorkom deur opknappingswerk aan plaaslike waterinfrastruktuur. Verlede jaar het die brouer pompstasies by Groenkloof en Kentron in Pretoria help opknap, wat 7,5 miljoen liter water per dag bespaar en die stad minder afhanklik van Rand Water…