INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,7%, of $2,40/t (R34,54/t), tot $140,31/t (R2 019/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 7,3%, of $11,07/t (R159,32/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $146,06/t (R2 102/t), Julie – $149,76/t (R2 155/t), September – $152,36/t (R2 193/t), Desember – $155,27/t (R2 235/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 5,3%, of R161/t, tot R2 869/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 1,9% tot R2 658/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 48%, of R931/t, duurder, terwyl geelmielies 33,1% duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R2 925/t, Jul. – R2 988/t, Sept. – R3 076/t, Des. – R3 105/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 712/t, Jul. – R2 713/t, Sept. – R2 780/t, Des.…