INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,3%, of $0,51/t (R6,88/t), tot $149,13/t (R2 012/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 5,3%, of $7,45/t (R100,49/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $148,89/t (R2 008/t), Mei – $152,36/t (R2 055/t), Julie – $155,35/t (R2 095/t), September – $156,45/t (R2 110/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 12,1%, of R364/t, tot R2 651/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 3,4%, of R92/t, tot R2 628/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 46,9%, of R846/t, duurder, terwyl geel mielies 38,2%, of R726/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R2 768/t, Mei – R2 828/t, Jul. – R2 865/t, Sept. – R2 935/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R2 639/t, Mei – R2 683/t, Jul.…