INTERNASIONAAL: Die Chigacoprys het met 3,9%, of $5,51/t (R76,63/t), tot $146,29/t (R2 034/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 9,2%, of $12,35/t (R171,75/t), hoër. Verwagte pryse: Maart 2019 – $151,25/t (R2 103/t), Mei – $154,09/t (R2 143/t), Julie – $156,69/t (R2 179/t), September – $156,76/t (R2 180/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 7,5%, of R181/t, tot R2 610/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 6,4%, of R151/t, tot R2 511/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 37,3%, of R709/t, duurder, terwyl geel mielies 25,8%, of R515/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. 2019 – R2 676/t, Mei – R2 716/t, Jul. – R2 763/t, Sept. – R2 805/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R2 564/t, Mei – R2…