INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,9%, of $5,81/t (R73,14/t), tot $155,64/t (R1 959/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 8,5%, of $12,16/t (R153,08/t), hoër. Verwagte pryse: Junie – $155,90/t (R1 963/t), Julie – $158,81/t (R1 999/t), September – $161,80/t (R2 037/t), Desember – $164,64/t (R2 073/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,5%, of R91/t, tot R2 095/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 4,1%, of R87/t, tot R2 197/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 8%, of R155/t, hoër, terwyl geel mielies 7,9%, of R160/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Jun. – R2 113/t, Jul. – R2 147/t, Sept. – R2 194/t, Des. – R2 273/t. Verwagte geelmieliepryse: Jun. – R2 211/t, Jul.…