INTERNASIONAAL: Die Chicago-prys het met 0,1%, of $0,14/t (R1,63/t), tot $144,26/t (R1 681/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,5%, of $0,77/t (R8,97/t), laer. Verwagte pryse: Mrt. – $144,72/t (R1 686/t), Mei – $148,10/t (R1 726/t), Jul. – $151,17/t (R1 762/t), Sept. – $153,77/t (R1 792/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 0,3%, of R5/t, tot R1 772/t teenoor die vorige week gedaal. Geel mielies het met 0,8%, of R14/t, tot R1 876/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 38,6%, of R1 114/t, laer, terwyl geel mielies 32,9%, of R919/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R1 795/t, Mei – R1 830/t, Jul. – R1 875/t, Sept. – R1 920/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R1 910/t, Mei – R1…