BoereinNoodsedrieVolvo-vragmotorshetsedertmiddelJanuarie gesamentlikalmeeras150000kmvergeryomvoerbyhulpbehoewende boeretekry.Diegroepplaasgereeldfoto’sengoeiewenseaansydrie heeltydsebestuurders,vanlinks,mnre.LawrenceMokele,GarethQuiens enGregoryMakhudu.Me.CarinaSwartz,koördineerdervandiegroep,sê diemannelaaielkeweekdrieofviervragtevoeraf,nagelangvanhoever hullery.Sysêdiegroepkrynogdeurentydskenkings,maardienoodbegin alhoemeerdruknamatediewinteraanstap.
HERFSIEKTES
Grootskaalse lamvrektes is in Mei aangemeld, hoofsaaklik weens die bakterie Escherichia coli, luidens die Mei-verslag van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ru-VASA). Mei was aansienlik warmer en droër as normaal, veral in Noordwes, Gauteng en Mpumalanga. Dr. Faffa Malan, konsultant-veearts en skrywer van die verslag, raai boere aan om mis en orgaanmonsters vir ontleding in te stuur sodat ’n geskikte antibiotikum aanbeveel kan word as E. coli-besmetting vermoed word. Sien die volledige verslag op bl. 82.
KAPITAAL VLUG
Regstreekse buitelandse beleggings in Suid-Afrika het van 2014 tot verlede jaar met 69%tot net $1,8 miljard gekrimp, luidens die wêreldbeleggingsverslag van die Verenigde Nasies se konferensie oor handel en ontwikkeling (Unctad), wat verlede week uitgereik is. Dit is die laagste vlak in tien…