Leierboere in Suid-Afrika en Namibië is gevra om hul siening van die huidige stand van die landbou te skets en te sê hoe hulle oor die toekoms van dié lewensnoodsaaklike bedryf voel. Die paneel het bestaan uit mnre. Rossouw Cillié, voormalige SA Boer van die Jaar, voorsitter van Pro-Agri (die vereniging van voormalige wenners van SA boer van die jaar) en produsent van vrugte, groente en vee, Ceres; AC van Wyk, Graanprodusent van die Jaar 2017, mielieboer, Bultfontein; Charles Back, SA Boer van die Jaar 2017, wyn-en-kaasprodusent, Paarl; Warren Bam, SA Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou 2017, tafeldruifprodusent, Tulbagh; dr. Liesel Foster, vorige finalis as Voermol se Beesboer van die Jaar, beesboer, Zastron; mnre. Charl Senekal, direkteur van Agri SA, produsent van suiker, vee en wild, Mkuzi; Ry-no van der…