INTERNASIONAAL: Die prys van die naaste maandkontrak vir mielies het met 2,1%, of $3,06/t (R40,10/t), tot $147,71/t (R1 936/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 3,5%, of $4,98/t (R65,27/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $144,95/t (R1 900/t), April – $147,79/t (R1 937/t), Mei – $150,54/t (R1 973/t), Julie – $152,83/t (R2 003/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met R19/t tot R2 940/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,6%, of R76/t, tot R2 805/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 39,9% laer, terwyl die prys van geel mielies 19,6% laer is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R2 910/t, April – R2 635/t, Mei – R2 125/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R2 778/t, April – R2…
