Internasionaal: Die prys van mielies het met 0,5%, of $0,81/t (R12,27/t) tot $148,12/t (R2 243/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 5,1%, of $7,31/t (R107,99/t) hoër. Verwagte pryse: Junie – $154,09/t (R2 334/t), Julie – $155,11/t (R2 349/t), September – $156,92/t (R2 377/t), Desember – $160,07/t (R2 424/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 2,8%, oftewel R130/t, gestyg tot R4 840/t. Die prys van geel mielies het met 5%, oftewel R160/t, gestyg tot R3 384/t. Op ’n jaargrondslag is dit 73,7%, oftewel R2 054/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 41,6%, oftewel 994/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 2,3%, oftewel $3,90/t (R172,51/t), gedaal tot $166,03/t (R2 515/t). Op ’n jaargrondslag is dit 6,4%, oftewel $11,39/t…
