Internasionaal: Die prys van mielies het met 1,4%, oftewel $2,17/t (R31,12/t), gedaal tot $149,23/t (R2 140/t). Op ’n jaargrondslag is dit 4,8%, oftewel $6,82/t (R97,80/t), hoër. Verwagte pryse: Junie – $154,01/t (R2 209/t), Julie – $154,56/t (R2 216/t), September – $154,48/t (R2 215/t), Desember – $156,06/t (R2 238/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,3%, oftewel R58/t, gedaal tot R4 407/t. Die prys van geel mielies het met 1,5%, oftewel R49/t, gedaal tot R3 134/t. Op ’n jaargrondslag is dit 71,5%, oftewel R1 837/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 35%, oftewel R813/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 2,4%, oftewel $4,29/t (R61,52/t), gedaal tot $173,41/t (R2 487/t). Op ’n jaargrondslag is dit 0,2%, oftewel $0,36/t…
