Internasionaal: Die prys van mielies het met 2,5%, oftewel $3,50/t (R51,19/t), gestyg tot $143,99/t (R2 106/t). Op ’n jaargrondslag is dit 2,4%, oftewel $3,48/t (R50,90/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $150,15/t (R2 196/t), Julie – $151,65/t (R2 218/t), September – $151,57/t (R2 217/t), Desember – $153,77/t (R2 249/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 4,9%, oftewel R228/t, gedaal tot R4 439/t. Die prys van geel mielies het met 0,8%, oftewel R25/t, gedaal tot R3 105/t. Op ’n jaargrondslag is dit 74,6%, oftewel R1 896/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 30,2%, oftewel R720/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 2,7%, oftewel $4,66/t (R68,16/t), gedaal tot $167,61/t (R2 451/t). Op ’n jaargrondslag is dit 9,2%, oftewel $16,89/t…
