Internasionaal: Die prys van mielies het met 1,2%, oftewel $1,71/t (R25,47/t), gedaal tot $143,87/t (R2 143/t). Op ’n jaargrondslag is dit 5,3%, oftewel $10,03/t (R149,42/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $139,91/t (R2 084/t), Julie – $141,17/t (R2 103/t), September – $142,67/t (R2 125/t), Desember – $145,51/t (R2 168/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 3,5%, oftewel R170/t, gedaal tot R4 633/t. Die prys van geel mielies het met 10,4%, oftewel R351/t, gedaal tot R3 034/t. Op ’n jaargrondslag is dit 81,7%, oftewel R2 083/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 26,7%, oftewel R640/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 1%, oftewel $1,74/t (R25,92/t), gestyg tot $173,15/t (R2 580/t). Op ’n jaargrondslag is dit 9,3%, oftewel $17,71/t…
