Internasionaal: Die prys van mielies het met 0,6%, oftewel $0,90/t (R13,82/t), gedaal tot $145,58/t (R2 236/t). Op ’n jaargrondslag is dit 5,4%, oftewel $8,31/t (R127,64/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $145,66/t (R2 237/t), Julie – $147,39/t (R2 264/t), September – $149,36/t (R2 294/t), Desember – $152,43/t (R2 341/t). Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 0,6%, oftewel R29/t, gestyg tot R4 803/t. Die prys van geel mielies het met 1,8%, oftewel R60/t, gestyg tot R3 385/t. Op ’n jaargrondslag is dit 82,8%, oftewel R2 176/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 39,9%, oftewel R965/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 0,8%, oftewel $1,37/t (R21,04/t), gedaal tot $171,42/t (R2 633/t). Op ’n jaargrondslag is dit 10,5%, oftewel $20,06/t…
