Internasionaal: Die prys van mielies het met 0,2%, oftewel $0,28/t (R4,36/t), gestyg tot $142,73/t (R2 221/t). Op ’n jaargrondslag is dit 6,4%, oftewel $9,78/t (R152,16/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $145,03/t (R2 256/t), Mei – $146,61/t (R2 281/t), Julie – $148,26/t (R2 307/t), September – $150,15/t (R2 336/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 0,8%, oftewel R41/t, gedaal tot R4 889/t. Die prys van geel mielies het met 8,1%, oftewel R307/t, gedaal tot R3 490/t. Op ’n jaargrondslag is dit 81,4%, oftewel R2 194/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 44,9%, oftewel R1 082/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 0,3%, oftewel $0,57/t (R8,87/t), gestyg tot $169,72/t (R2 641/t). Op ’n jaargrondslag is dit 13,1%, oftewel…
