WOESTYNROSIE, GP, SKRYF:
Manie, ná ’n wonderlike vakansie in die Klein-Karoo en langs die Weskus het ek verknog geraak aan die pragtige natuurskoon, gawe mense, stilte en ruimte.
Ek is ’n 46-jarige vrou, was nog nooit voorheen getroud nie. Ek is 1,52 m, 55 kg, het blou oë en lang blonde hare. Ek behoort tot die NGK.
My belangstellings is reis, lees, kook, fotografie en die buitelewe. Boere van die Klein-Karoo- en Weskus-omgewing, is welkom om te skryf.
ROSIE, LIMPOPO:
16-jarige aster, skolier, 1,55 m, 49 kg, het groen oë en bruin hare. GVVkerk. Hou van die natuur, fotografie, mooi musiek, dans, die buitelewe, kook en lees. Verlang blanke ouens, 17 tot 21, met outydse waardes. Geen rokers of drinkers nie, asb.
PROBEER WEER, VS:
Sy is 32, perdestoeterybestuurder, was…