Goedgeleë Boerdery by Protem, sowat 35 km van Bredasdorp in die Wes-Kaap, is die tweede melkery in Suid-Afrika wat melkrobotte inspan om sy meer as 360 koeie outomaties te melk ten einde volhoubaarder te boer.
Op Goedgeleë boer Pierre-Jacques Human en sy ouer broer, Johann, saam met hul pa, Pierre, met Jerseys, wolskape, kanola, gars, koring en hawer. Johann sien om na die skaapvertakking van die boerdery, Pierre-Jacques bestuur die melkery, en Pierre en sy seuns behartig saam die akkerbouvertakking.
Dertig studente aan die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding (Elsenburg) het onlangs ’n opvoedkundige toer na die plaas meegemaak vir ’n demonstrasie van dié innoverende tegnologie. Volgens Charné Dry, hoofrekenmeester van GEA GEA Africa – Farm Technology Division, wat die stelsel geïnstalleer het, was die doel van die toer om te…