Sy geniet omtrent die buzz van Los Angeles, maar dit beteken nie dat Dawn Matthews noodwendig hunker na die kollig nie. Nee wat. Ma-wees, om gemeenskappe te bou en betekenisvolle digitale inhoud te skep, lê veel nader aan dié Suid-Afrikaanse aktrise se hart.
En al is sy nie juis meer op die kassie nie, het sy genoeg wat haar besig hou, vertel die gebore Oudtshoorniet in ‘n foongesprek met Kuier vanuit Amerika, waar sy en haar gesin al 10 jaar lank nesskop.
Toe sy in 2015 haar karakter Shakira op e.tv se gewilde reeks Scandal! groet, is Dawn, haar dogter Jesse (13), en Amerikaanse draaiboekskrywer-man, Charlie Sapadin (52), sak en pak Amerika toe – sonder verwagtings of rolle wat wag.
“Ons het geweet ons wou Jesse hier in Amerika grootmaak.…
