VARS ROOSGEURE
HOOFGEURE: POMELO, ROOS, MUSK
Dié geur is geïnspireer deur die bekende rose van die parfuumstad Grasse in Frankryk. Pomelo en litchi gee dit ’n vrugtige vonk, en eikemos gee ’n sagte, aardse ondertoon. Dis lig, bekostigbaar en perfek as ’n subtiel gesofistikeerde, alledaagse geur.
• Rose EDT R295 vir 100 ml, Chanson d'Eau
HOOFGEURE: SUURLEMOEN, ROOS, HONEY COMB, VIOOLTJIEBLARE EN GROEN MINT
Dié unisex geur vang die wese vas van ’n vars ruiker, met klassieke roosnote wat verhelder word deur ’n tikkie suurlemoen. Jy kan die ligte en vars geur op sy eie dra, of in lae saam met ander Jo Malone-geure om ’n kombinasie te skep uniek aan jou.
• Red Roses Cologne R1 470 vir 30 ml, Jo Malone
VROULIKE ROOSGEURE
HOOFGEURE: ROOS, MALVA, KARDEMOM
Dié…
