Sy verwelkom ’n mens met daai warm Weskus-hartlikheid. Sonder enige, uhm, geite. Dis Lambertsbaai se ds. Farren Cloete (30) in al haar glorie by die ingang van die pienk pastorie langs Lambertsbaai se pienk Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), waar sy leraar is.
Binne wag daar die heerlikste eetgoed, want dis nou maar net hoe Suid-Afrika se bekendste dominee is. “Maak julle tuis,” sê sy, en daai verwelkomende gevoel omarm jou.
Farren en haar speurder-manlief, Bradley (35), woon al ses jaar in dié pastorie, en dis ook net die Here wat haar hier sal kan wegkry, sê sy. “Soos ek nou voel, sal ek Lambertsbaai nooit verlaat nie. Dit sal Jesus sélf kos om uit die hemel te kom om my hier uit te kry. En Hy sal eers baie, baie…
