OP TV
WAAR DAAR ’N WIL IS
Het jy seisoen een van die aktrise en aanbieder Lee-Ann van Rooi se geselsprogram, Waar daar ’n wil is, geniet? Skuif dan nader, want die tweede seisoen is terug op TV.
Daar is splinternuwe inspirerende stories wat gedeel word deur uiteenlopende local gaste. Dis stories van mense wat almal uitdagings aangepak en vasgebyt het en wys waar daar ’n wil is, is daar inderdaad ’n weg, nes die program se titel dit uitwys.
Van die stories wat vertel word, is dié van Rayno Nel, Suid-Afrika en die wêreld se sterkste man, en professor Debra Meyer, ’n gerespekteerde biochemikus en voormalige SABC-weeraanbieder. Die akteur en teaterlegende Cedwyn Joel, wat tans te sien is as Joey, die voorman van Soebatskloof in die daaglikse drama Kelders…