Vir byna vier dekades het hy van die Wes-Kaap se gevaarlikste misdadigers op die Kaapse Vlakte aangekeer, hulle met slim taktiek ondervra en hul oor hul gru-dade laat bely.
Nou, in sy aftreejare, vertel ’n nuwe boek, Confessor Cop, meer oor hoe kaptein Jonathan Morris (67), in sy alombekende swart leerbaadjie, verskeie reeksmoordenaars, verkragters en misdadige bendelede aangekeer het.
Die naam “Confessor Cop” is deur die skrywer van die boek, die joernalis Mike Behr, aan Jonathan gegee oor dié se vermoë om belydenisse uit verdagtes te wring, hulle erkentenisse te laat maak, ’n waterdigte dossier aan te lê en hulle suksesvol te laat vervolg. Al sy sake in die hooggeregshof is suksesvol vervolg, met regters wat hom lof toegeswaai het vir uitstekende speurwerk.
Jonathan, een van nege kinders, is op…