Bybelvers
Dié vers beklemtoon dat diegene wat hul gawes en geleenthede benut, meer sal ontvang, terwyl diegene wat dit verwaarloos, sal verloor wat hulle aanvanklik besit het.
Matteus 25:29
Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.
GEBED
Vader, met die aanbreek van ’n nuwe seisoen is dit nie net tyd vir ’n spring clean in ons aardse wonings nie, maar ook in ons hart en gebede.
Voordat Jesus die brood en vis vermeerder het vir die menigte, het hy dit getel, georganiseer en oorgegee aan wat kom. Ons bid vandeesmaand vir daardie manier van doen om wortel te skiet in ons alledaagse besluite en take. Voor ons bid…