Rus en vrede. Dít is waarna Valerie Phillips hunker nadat haar lewe 15 jaar gelede op 25 Augustus 2010 handomkeer verander het. Op dié oggend, net voor sewe, is haar 13-jarige seun, Jody, se lewe in ’n gru-ongeluk by die Buttskop-spoorwegkruising in Blackheath in die Kaap saam met nege ander jong lewens weggeruk.
Valerie (59), van Eersterivier, vertel op dié 15de herdenkingsjaar van die ongeluk sy het ’n plekkie in die Weskus laat bou waar sy en haar oorlewende seun, Kaedy (19), gaan bly. Die plan was om daar saam met haar man, Kingsley, af te tree, maar toe sterf hy in 2021 op 56 weens gesondheidsprobleme.
Jody, wat haar oudste was, was ’n akademiese uitblinker en baie lief vir rugby, vertel sy ma. Jody en nog nege ander leerders…
