Wanneer ons deur die hoofstrate van Mitchells Plain ry, sien ons dalk net die oppervlak – die huise, strate, mense wat hul daaglikse roetine volg. Maar agter elke buurtgrens lê daar ’n dieper werklikheid: ’n Lewe waar trauma nie bloot ’n begrip is nie, maar iets wat daagliks ervaar word.
Gewone mense en gesinne leef met pyn wat dikwels onsigbaar bly vir die buitewêreld. Dié mense lééf dit, asem dit in, dra dit saam met hulle, dag ná dag.
Ons sien dit nie net nie en ons lees nie net daarvan nie. Dis nie net vir ons op lamppale as nuusberigte opgeplak nie. Nee, ons voel dit aan ons lyf, in ons huise, in ons kerke – oral waar die oog kan sien, sien ons die puinhope waar hoop en…
