Ná hy in 2018 sy gehate karakter Ian October en die mense van Ruiterbosch ná vier jaar gegroet het, het die Suidooster-ster en teaterghoeroe Abduragman Adams (55), beter bekend as “Abdu”aan sy naastes, allermins tuis gesit. Hy was te besig om aan te kap met die joppie wat sy hart altyd vinniger laat klop, toneelspel, en om amateur-akteurs touwys te maak.
“Ek hou van stories vertel. Om persepsies te verander. Al daai verskillende narratiewe,” vertel Abdu, en vat ‘n slukkie koffie op die agterstoep van sy huis in Athlone in die Kaap.
Sy tyd was dalk verstreke by Suidooster, maar by Saturday Varsity woeker hy onder die hoopvolles wat dit ook in die vermaakbedryf wil waag. “Daar bied ons meestersklasse aan op Saterdae, vandaar die naam. Ons cater vir mense…
