‘n Vreedsame stilte begroet jou wanneer jy die huis met die groen tuin op die plaas Skilpadvlei buite Stellenbosch nader. Met die instap verwelkom Patricia Abrahams en haar ma, Sonia Julies, jou in ‘n kombuis wat oorloop van blomme – tasbare bewyse van die verlies van hul geliefde dogter en suster.
Op 5 Mei het hul lewens in duie gestort toe die nuus kom dat haar suster, Cayleen Julies, in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate aan ‘n hartaanval oorlede is, vertel Patricia (47).
“Die nuus van Cayleen se afsterwe het onwerklik gevoel – asof tyd stilgestaan en ons skielik in ‘n nagmerrie ingetrek is waarvan ons nie kon ontsnap nie. Dit was haar verloofde, Victor (Koffi), wat ook daar woon, wat eers haar tweelingbroer, Damiën, gebel het. Damiën…
