Het jy geweet jou velsorgarsenaal moet ook jou digitale toestel-gebruik in ag neem? Sowat 60% van mense spandeer meer as ses ure per dag voor ‘n digitale toestel, lui ‘n Unilever-studie. En bo en behalwe wat dit vir jou gesondheid beteken (moontlike gewigstoename en seer spiere, onder vele meer) kan die blou lig wat tablette, selfone, rekenaarskerms, LED-gloeilampies en die TV uitstraal, ons vel veel dieper as UV-lig binnedring.
Dié blootstelling kan lei tot pigmentasie en die vrystelling beperk van melatonien (die slaaphormoon), wat jou slaappatroon kan versteur en streshormoonvlakke opjaag. Dit kan veral saans, wanneer jy met jou foon in die bed lê, jou sirkadiese ritme (wat metabolisme, temperatuur, eetlus en gedrag reguleer) versteur, en jou lyf laat dink dis dag. Die gevolg? ‘n Slegte nagrus.
Daarby kan 30…