Danksy selfone is dit makliker as ooit om in kontak te bly, maar dit open ook die deur vir nuwe maniere van wankommunikasie en frustrasie.
Wat vir jóú reg voel, soos spontane video-oproepe, of lang voice notes, weerwaarskuwings of daaglikse versies stuur, is dalk vir iemand anders onbedagsaam of selfs irriterend.
”Om jou eie kommunikasiegewoontes te verstaan, en te erken hoe ander verkies om te kommunikeer, is noodsaaklik om spanning te vermy en gesonde verhoudings te handhaaf,” sê Brett van der Schyff, ’n Kaapse kliniese sielkundige. ”Dié klein irritasies lyk dalk nietig, maar dit kan verhoudings geleidelik bemoeilik, veral omdat selfone ons primêre manier geword het om in kontak te bly.”
Kyk ’n bietjie na dié maniere hoe jy ander dalk onbedoeld irriteer, of dalk sélf verpes word, en ons…