Volgens Bertus het die ruwe egskeidingsyfer – gedefinieer as die aantal egskeidings per 1 000 bevolking – in 2023 tot 2,1 gestyg. Dit is “die hoogste vlak in ’n dekade”.
“Een van die mees kommerwekkende bevindings is dat 56,6% van egskeidings minderjarige kinders behels het, ’n effense toename.” Dít het wye implikasies, sê Bertus, vir ouerlike verantwoordelikhede en regte, kontak- en versorgingsgeskille, onderhoudlitigasie, en sielkundige en opvoedkundige ondersteuning vir kinders.”
Die verslag wys verder dat die meeste mans wat skei, in diensberoepe en professionele of tegniese rolle is. Onder vroue was dié in professionele of tegniese, klerklike of verkoopsrolle die algemeenste.
Ook interessant, is die feit dat 17,7% van vroue, en 12,9% van die mans werkloos was tydens die skeiproses. “Finansiële spanning bly ’n groot stressor op huwelikstabiliteit,” voeg Bertus…