Hierdie uitgawe is super-spesiaal, want ons wou lankal hulde bring aan van ons land se bekendste vroue-influencers. So, die idee was om vier uiteenlopende en invloedryke vroue uit eie reg te kies. En kyk net watter goud het ons raakgeboor met dié dinamiese viertal!
Daar is “Glammy”, oftewel Lynn Forbes, wyle rapper AKA se ma, die gewilde TikTokker Semone Skosan, “antie Avril” Albetti, wat haar followers altyd laat skater met haar pittige sêgoed, en dan ook Jessica Daniels, wat onlangs by die Netwerk24 Smaakmakertoekennings as Kuier se Inspirasie-mens van die jaar aangewys is.
Al vier vroue is toevallig die ma van twee seuns, en hulle het ‘n hond uit ‘n bos gekuier by ons voorblad-photoshoot in die Kaap. Jy gaan elke woord opslurp van hul inspirerende stories (bladsy 8).
Nog…
