Ek scroll onlangs op TikTok en kom af op 'n video van Jamali, die girl group wat in die 2000's so groot was hier in Suid-Afrika. In 'n radio-onderhoud trek die trio los met hul hit “Butterflies”, en die mense gaan bos in die comments! “Onse eie Destiny‘s Child”, skryf een. “Dié vroue kan sing, yoh”, laat nog een hoor, en, “Dié song gee my nog steeds butterflies”.
Dit voer my sommer terug na al hul hits, en die aand sit ek “Butterflies” aan by die huis. Ek vra my man: “Ken jy dié song?”
Hy antwoord: “ Ja, hulle was huge. Hulle is mos van oorsee, né?” Ek kraak my. Maar hy is nie al een wat só dink nie. Op die TikTokvideo wat versprei word, laat party hoor…
