STROOM DÍT
BACK IN ACTION
Sy het in 2014 aangekondig sy tree af as aktrise. ’n Jaar later het sy en haar rockerman, Benji Madden, afgehaak en in 2019 hul dogter, Raddix, en Maart laas jaar hul seuntjie, Cardinal, in die lewe verwelkom.
Sedert die 52-jarige Hollywoodster Cameron Diaz se aftrede het sy nie uit die kollig gebly nie. Sy’t twee gesondheidsboeke help skryf, en selfs haar eie organiese wyn, Avaline, gestig.
Nou maak sy ná 11 jaar haar groot come back in dié aksiekomedieprent met haar Annie-medester Jamie Foxx.
Waaroor gaan dit? Cameron, ’n romcom queen van die ’90’s, en Jamie, onder meer Ray Charles in die trefferfliek Ray, speel die afgetrede CIA-agent-paartjie Emily en Matt. Hulle word weer by die wêreld van spioene ingetrek wanneer hulle hul cover…