In ons lewens is daar mense wat kom en gaan. Sommige is vlietend, maar daar is ander wat ’n onuitwisbare merk laat. Hulle bou, dra, en vermaan jou, en wil net die beste vir jou hê.
Dié mense, uitkyk-anties (en selfs -ooms), kry baiekeer nie die erkenning in hul gemeenskappe of families wat hulle verdien nie, maar hulle is stilweg besig om lewens te verander.
Toe Melanie May (40) van Wellington haar broerskind, Nathan Jacobs (21), se sporttalent gesien het, wou sy hom help om sy gawe ten volle uit te leef. Sy sê Nathan se ouers is betrokke in sy lewe, maar weens omstandighede het hy aanvanklik by haar ouers gewoon. Toe haar pa drie jaar gelede sterf, het sy en haar man, David (43), hom ingevat.
“Nathan het…
