Hoewel daar nie besliste statistieke beskikbaar is vir die voorkoms van skoliose in Suid-Afrika nie, is dit wel behandelbaar.
Die oorsake in meeste gevalle is onbekend (dít word idiopatiese/onbekende skoliose genoem), of dis deur genetika, geboortedefekte, beserings of ander mediese toestande. Simptome sluit in ongelyke skouers of heupe, een meer prominente kant van die ribbekas, rugpyn, moegheid, en asemhalingsprobleme (in ernstige gevalle).
Volgens ’n artikel in die South African Journal of Physiotherapy is daar ’n paar tipes behandeling wat kan help met sogenaamde SpineCor (spinal correction). Dit sluit in waarneming en ortose (eksterne toestelle wat ondersteuning, belyning of stabiliteit bied aan verskeie liggaamsdele, veral dié wat deur besering, siekte of gestremdheid geraak word, soos stutte), asook isoterapie (spier- en gewrigspanningsoefeninge) en chirurgie.
“Talle verskillende stut-aanwendings word gebruik, en die sukseskoers…