IN DIE NUUS Dis net ná agtuur die oggend van Saterdag 5 Oktober toe ek wakker word, my selfoon nadertrek om die tyd te kyk, en sommer gaan loer wat op Facebook aangaan.
My ma het net twee dae vroeër (op 3 Oktober) verjaar, en ek wik en weeg toe of ek moet deurry Bonnievale toe om my familie te gaan verras met ’n vinnige kuier. Ek scroll nog nie eens lank op Facebook nie toe die bloed in my are yskoud raak . . .
’n Familielid het op Facebook geskryf my niggie Devonia “Wounie” van Wyngaardt (30), my pa se susterskind, is dood. Nie net is sy nie dood nie, sy is wreed vermóór in Bonnievale, naby aan waar haar ma, my tannie Annie van Wyngaardt, by een…