Jawaahier MY LEWENSVERHAAL SOOS VERTEL AAN Kuier DEEL 2 Teen 1995 was haar ouers, Taliep en Madeegha, se huwelik oor en verby. Die eens goue paartjie van die vermaakbedryf se ster het verskiet. Die jaar daarna het Madeegha uit die gesinshuis getrek en is haar ma, Valerie Theron, ook skielik uit haar lewe geruk. Vir Madeegha het die eens gekoesterde wêreld wat sy geken het, aan skerwe gelê.
Nie net het sy die liefde van haar lewe verloor nie, maar ook haar geliefde ma met wie sy haar diepste smart kon deel. Boonop moes sy hulpeloos toekyk hoe haar vier onskuldige bloedjies met die nuwe, vreemde omstandighede wat met ‘n egskeiding saamkom, probeer cope het. Haar oudste dogter, Jawaahier (toe 9) sou later haar ma se vertroueling word, selfs al…
