VOORBLADSTORIE Twee kinders is genoeg, het hulle gedink. Maar toe die Suidooster-ster Jawaahier Petersen (38) en manlief, Ridhaa Damon (40), sy ouers in 2021 verloor, het hulle gebid vir nog 'n baba. En nou is hul tweede dogtertjie op pad.
Die gesin vier hul groot babanuus met Kuier met 'n fotosessie by Bakoven-strand in die Kaap. Dis hul eerste voorblad saam, en Jawaahier en Ridhaa, wat 16 jaar getroud is, is so verlief en gelukkig soos pasgetroudes. Later spring hul seun, Raadhi (12), van rots tot rots terwyl Ranaa (8) almal vermaak met haar danspassies – 'n gebore performer.
Jawaahier het altyd haar kinders uit die kollig gehou, maar dié twee het self besluit hulle is reg vir die wêreld en hul voorbladdebuut. En hoe prentjiemooi is die gesin!
GELIEFDES…