Ons dra baie hoede in ons lewe: lewensmaat, ouer, vriendin, skoonmaker, kok, sielkundige en dan moet jy nog jou werklewe ook op koers probeer hou. So, wanneer moet jy tyd kry om aan jouself te dink?
Dis egter juis in tye wanneer als oorweldigend voel dat dit belangrik is vir “me time”, om ook aan jou eie behoeftes aandag te gee. Baie van ons het vergeet om tyd aan onsself en ons eie menswees af te staan, sê Marciel Hopkins-Lourens, ’n leefsíyl-afrigter van Kaapstad. “Ek verwys altyd na daardie alleentyd as die goue uur of halfuur, want dit is regtig kosbare tyd met jou sélf wat so baie mense afskeep.”
Alleentyd is beslis sielkundig belangrik, sê dr. Henk Swanepoel, ’n Pretoriase kliniese sielkundige. Dit gee jou kans om die week…