AKTUEEL In die digitale era waarin ons leef, is kuberboelies volop, en hulle saai verwoesting – of dit nou op sosiale media, in teksboodskappe, kletskamers, of op speletjiesnetwerke is.
En dié giftonge is dikwels ongenaakbaar, want hulle skuil agter vals name en hoef dus nie hul slagoffers in die oë te kyk terwyl hulle onmin saai en ander afkraak nie.
Maar dié einste aanlynboelies sal moet ligloop, want daar ís reëls en wette. Jy kan ná April vanjaar nie meer vir laster (libel) tronk toe gaan nie, want dit word beskou as ‘n siviele klag. Maar jy kán steeds tronkstraf opgelê word as iemand ’n saak van crimen injuria, ‘n kriminele klag, teen jou wen want dit bly steeds ’n misdaad om iemand se waardigheid of privaatheid onregmatig en met…