Ek is onlangs deur die All Saints Anglikaanse Kerk op my tuisdorp, Bredasdorp, genooi om ‘n praatjie by ‘n Vrouedaggeleentheid te doen oor vrouebemagtiging en my pad tot by Kuier.
Dié wat my ken, weet speeches is nie my ding nie, maar dis die tweede keer dat ek genader is. En hoe sleg kan dit nou eintlik wees? Dis dan my eie mense, dink ek.
Toe ek aanvanklik gevra is en ingestem het, sou daar net 100 vroue wees. Soos die dae aangestap het, het antie Ciel (Lucille Pick), elke nou en dan ‘n WhatsApp gestuur om te laat weet die kaartjies lóóp, en nog mense wil kom. Toe ek weer my oë uitvee, staan ek in ‘n saal voor meer as 300 vroue!
En mens, dit was nou vir…
