Vrouemaand is hier en die kollig val weer opnuut op vroue en die merk wat hulle maak en hul rol in die samelewing. En in hierdie uitgawe word vroue in al hul glorie gevier!
Dié voorblad is ekstra-spesiaal, want dis die eerste keer dat die vier Idols-wenners Karin Kortjé, Jody Williams, Sasha-Lee Davids en Paxton Fielies sáám op 'n voorblad pryk.
Toe ek onlangs op social media sien dat hulle vier almal by 'n konsert in die Kaap gaan optree, het ek dadelik geweet: Dié dinamiese vroue móét ons net as voorbladsterre vir ons eerste uitgawe van Vrouemaand vasmaak. Die versoek is ingesit, boodskappe het oor en weer gevlieg, ons het die groenlig gekry, en kyk net die pragtige eindresultaat!
Karin, wat in 2005 die sangkompetisiereeks gewen het, maak oop…
