“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie
Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dogter, wat 24 jaar gelede ons Mej. Suid-Afrika was, kop agteroor vir sy geskerts lag. “Sy het as kind op en af op die bed gespring en gemaak of sy een of ander presenter is,” vertel hy.
“Ja, dis waar,”, sê die borrelende Jo-Ann. “Ek het sommer wat ook al langs die bed gelê het as ’n mic ingespan.”
Johann se groen oë blink van trots wanneer hy van sy meisiekind, deesdae hul enigste lewende kind, praat.
Hy en Ingrid (65) se krulkop is dan ‘n gesogte internasionale gasspreker, sakevrou, voormalige…
