1 Dié nuwe kykNET-dramareeks draai om die vuurvreter-onnie, Juffrou X (Trix Vivier), wat wiskunde gee by ‘n skool waar haar leerders geweldige uitdagings, soos armoede, misdaad, drank en dwelms, in die gesig staar. Wanneer sy hulle wil beskerm, word sy ingetrek in ‘n maalkolk van misdaad en geweld. Maar Juffrou X skrik nie vir ‘n uitdaging nie …
2 Tertius Kapp, die draaiboekskrywer van flieks soos Griekwastad en Gaia en reekse soos Plan B, is die meesterbrein agter dié reeks. Hy't Juffrou X geskryf. “Die inspirasie was my suster, wat ‘n onderwyseres is, en baie doen om haar leerders te help met alles van beursaansoeke tot matriekafskeidrokke,” vertel Tertius oor sy suster, wat 11 jaar ouer as hy is. “Maar dis net die eerste vonk. Die storie self is fiksie.”…