HOE ROOIER, HOE MOOIER
Staan opsy, Barbie! Pienk is só laas jaar. Rooi is terug met mening! En dit gaan van op jou lippe tot jou naels pryk. Kersierooi is een van die gewildste kleure van die seisoen, maar wees ook op die uitkyk vir tamatie- en papawerrooi. Dis klassiek en lyk goed met enige voorkoms. Probeer dié produkte:
BALLERINA-BETOWERING
Dis romanties, grasieus en elegant, vroulik en sag, jeugdig en eenvoudig. Hoe kry jy die ballerina-voorkoms? Met 'n netjiese bolla, 'n vel met 'n rosige, douerige voorkoms, en naels in melkerige kleure geverf. Gebruik bloospienk, sagte roos, mat pêrel, goue sjampanje en sagte perskekleure vir jou wange, lippe en oë. Probeer dié produkte:
DIE BOX BOB
Die bob is altyd in die mode, en vanjaar is die “box bob” die…
