Die lang somerdae is hier, en daarmee saam kom luilekker ure in die son. Maar voor jy dit in die hitte waag, moet jy jouself en jou gesin teen die son se skadelike UV-strale beskerm.
En sunscreen is beslis nie net vir ligte velle nie. Almal, ongeag jou ouderdom, ras of geslag, moet dit daagliks gebruik. Selfs op bewolkte dae.
HOEKOM BENODIG ONS SONBESKERMING?
“Daar is niks fout met ’n bietjie vitamien D nie, maar maak seker jy is goed beskerm. Sunscreen beskerm nie nét teen die son nie, maar help ook met moisturising, pigmentasie en selfs veroudering,” sê Carmen Cloete, ’n estetiek-spesialis van Kaapstad. Dit keer dat sonvlekke voorkom, beskerm die vel teen sonbrand en verminder jou velkanker-risiko, sê sy.
Dis ‘n mite dat jy nie sunscreen hoef te…
