Terwyl ek dié boodskap skryf, kuier ek in my tuisdorp, Hawston. ’n Trip down memory lane. Ek luister alte graag na my ma, An’ Tiena, se vertellings oor die ou-ou dae.
Ons moet geduld en liefde aan ons ouers bewys, veral as hulle oud word. Levitikus 19:32 lui: “Vir die gryshare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer; en jy moet jou God vrees.”
Buurvrou Lucinda roep oor die muur: “Kom supper vanaand by my.” En dit laat my dink aan die Woord wat sê ons moet gasvry wees. (Hebreërs 13:2: “Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.”)
Môreaand besoek ek die kerk waar ek destyds tot bekering gekom het. Die leidster, pastoor Rosaline Kosani, is onlangs…
